Spesiale Aanbod

 

9-DAG TOER NA ISRAEL 

 

YOM KIPPUR IN JERUSALEM

VERTREK 17 SEPTEMBER 2018

Onder leiding van 

Pastore Rykie Steyn, Bekkie & Dupie 

Koste Ex-Johannesburg R25, 730 ($1=R15)

Koste Ex-Johannesburg R25, 000 ($1=R14)

Koste soos op 2017-11-21

Ingesluit:

  • Retoer ekonomiese reisgeld vanaf Johannesburg (JNB/TLV)
  • Lughawe belastings. 
  • Akkommodasie in top toeriste klas hotelle. (2 persone deel kamer)
  • Twee etes per dag (Ontbyt en Aandete)
  • Alle plekke van besienswaardigheid soos op reis program.
  • Reis in luukse lugverkoelde bus.
  • Gelisensieerde Engels sprekende gids
  • Fooitjie gelde aan hotelle, busbestuurder en gids
  • Vervoer tussen lughawens en hotelle in buiteland. 
  • Admin Koste

Nie Ingesluit Nie:

  • Groepversekering; (R35 per dag vir persone tot op die ouderdom van 70 jaar, uitsluitend bestaande siekte toestande)
  • Vervoer na en van Johannesburg.
Dag Datum Reisprogram Oornag
1 Ma 17/09 Ontmoet mekaar by die by EL-AL Lugredery toonbank van O.R. Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg om 17h00. Groet familie en vriende. Vertrek met EL-AL om 20h05. 
Aan boord vliegtuig
2 Di 18/09 Met aankoms in Tel Aviv om 08h25 word ons deur ons agent ingewag en begin toer na, die Olyfberg, die Palm Sondag weg, Traan druppel Kerk, Getsémané, Haankraai Kerk, Oppersaal, Graf van Koning Dawid, Kardo in die Joodse seksie, die Klaagmuur, Lithostratos en die Bad van Betesda. Jerusalem
3 Wo

19/09

Vandag is Yom Kippur  Geen verkeer word in Israel toegelaat nie. Ons stap vir 30 minute na  die Tuin Graf waar ons ʼn  heerlike Nagmaal diens geniet en Gólgota besigtig. Hierna stap ons deur die Damaskus Poort na die Westelike muur waar ons duisende Jode in aanbidding sien. Die res van die dag kan u inkopies in die ou  stad doen en terugkeer na die hotel. 

Jerusalem
4 Do 20/09 Ons reis na Betlehem en besoek die Geboorte Kerk wat opgevolg word deur ʼn besoek aan die Herdersvelde.. Vanmiddag besoek ons die Menorah by die Knesset, Ein Karem, geboorte plek van Johannes die Doper en die Yad Vashem museum.  Jerusalem
5 Vr 21/09 Ons reis na die Dooie see (427meter benede see spieël) wat die Laagste plek op die aarde is. Eerstens besoek ons die bergvesting van Masada wat ons met ʼn kabelkar bestyg.  Ons besigtig Qumran waar die Dooie See perkament rolle in 1947 ontdek was. Hierna ontspan ons die Dooie See, Ons laaste besoek vir die dag is aan die Palm Stad, Jerigo. Jerusalem 
6 Sa 22/09 Wat ʼn wonderlike dag wat vir ons voorlê. Eerstens besoek ons die Plek van die Berg Predikasie. Hierna Tabga, Mensa Kriste en Kapernaum. Ons geniet ʼn heerlike bootvaart op die See van Galilea en na middagete besoek ons Yardenit, Christelike doopplek in die Jordaan rivier.. Tiberius
7 So 23/09 Dit is die laaste dag in Israel en ons besoek die Oppersaal, die Graf van Koning Dawid, die Joodse seksie van die Ou Stan en die Klaagmuur, dan die Yad Vashem museum en Ein Karem geboorte plek van Johannes die Doper. Ons reis na Joppe vir ʼn kort besoek aan die oudste hawe stad in die wêreld  Om 18h30 word ons na die lughawe oorgeplaas vir ons terug vlug na Suid Afrika wat 22h20 vertrek Tiberius
8 Ma 24/09 Vanoggend besoek ons die gebergte van Tabor wat ook bekend staan as die Berg van Verheerliking, (Matt, 17:1-11). Dit  word opgevolg met Muhraqa op die gebergte van Karmel waar Elia die valse profete uit gedaag het. (1 Kon. 18). Hierna besoek ons Caesarea en reis deur die Saron Vallei na die Lughawe. Ons moet hier aanmeld om 17h00 vir ons terug vlug na Suid Afrika om 20h20. Aan boord die vliegtuig
9 Di 25/09 Aankoms in Johannesburg om 04.40 na ʼn wonderlike toer in die Land van die Bybel. Ons het ʼn groter vriendekring gemaak in Suid Afrika en die buiteland.  Mag die woorde op ons lippe wees: Sien jou volgende jaar weer in Jerusalem!! In u eie bed

 

Download

eqypt applicationjordan application
registrasie vorm
registration form

Our Facebook Feed

special

Contact us

We invite Ministers of the Gospel, Group and Tour leaders to contact us for quotes or for any enquiries about our tours.

Postal Address
 
Contact Information
P O Box 11343   Tel: 011 395 2505
Aston Manor     011 391 5311
1630     011 979 7019
    Cell: 083 227 2210
      084 552 5350
    Fax: 086 559 0991
    Email: info@menorahtours.co.za

Enquiry | Feedback